Oasis Klub
Oasis Klub
Jou oase op die onderrigpad !
Wakker Akkers >>

Wakker Akkers 
​Sentrum vir meelewende onderrig

Wakker Akkers speelgroepie
Wakker Akkers is geleë in die Moot Pretoria (Queenswood).

Ons bied klasse aan deur die week waar mammas saam met hulle kinders bywoon.

Hierdie klasse fokus op die volgende :

Perseptuele ontwikkeling

Sosiale ontwikkeling

Groot motoriese vaardighede

Fyn motoriese vaardighede

Alle gebiede en uitkomste wat lei tot skoolgereedheid

Watter ouderdom maats het ons?

1 jaar tot graad 1


Hoe gereeld moet ons bywoon?

Daar is klasse beskikbaar 3 maal per week. Die minimum vereiste is bywoning eenmaal per week.


Op watter dae en hoe laat is die klasse?

Dinsdae en Donderdae om 09h00 - 10h30

Woensdae om 09h00 - 10h00 (Sien ook Morsige Jorsies)

Vrydae om 09h00 - 10h00 (Groot motoriese oggend)


Kry my kind 'n rapport?

Nee.  Maar aan die einde van elke kwartaal kry jou kind 'n sertifikaat van bywoning.


Wat doen ek die res van die week met my kind?

Ons gee idees huis toe!  Maklike wenke propvol leergeleenthede.


Gaan my kind nie sukkel met sosialiseer as ek by is nie?

Nee, beslis nie.  Jy as ouer skep die veilige omgewing waar, selfs die skaamste outjie vinnig ontdooi en saam met die maats begin speel.


My kind het spesiale behoeftes/geen spesiale behoeftes nie. Is ek steeds welkom?

Jy as ouer hanteer self dissipline en die pas waarteen die werk gedoen word.  Beide groep ouers is beslis welkom.


Ons beplan tuisonderrig/staatskool/privaatskool. Is my kind welkom?

By Wakker Akkers is die enigste vereiste 'n mamma wat saam leer en bywoon.  Meelewende betrokke ouers.  Die skoolpad wat julle kies gaan perfek wees vir JULLE kind.

Ons het ook oumas, sowel as "nannys" wat suksesvol saam met die kind bywoon.


Wat is die koste?

0-3 jaar : R290/maand (vir eenmaal/week) 

4-8 jaar : R550/maand (vir eenmaal/week) 

AFSLAG vir bywoning meer as eenmaal per week

AFSLAG vir meer as een kind per gesin


Navrae :

yolandi@oasisclub.co.za

082-476-8000






Skandeer hierdie kode en stuur vir ons 'n SMS !