Oasis Club

Wie is ons?

My naam is Yolandi. Ek is 'n ma van 3 pragtige kinders (9,6 en 4 jaar oud). Ek is ook die stigter en direkteur van Oasis Club Pty Ltd.

In 2014 spring ons weg in die tuin onder 'n boom. Vandag is Oasis Club 'n maatskappy met vele fasette. Ons fokus bly konkrete onderrig.

Waarmee is ons alles besig?

  • Oasis Akademie - 'n klein leersentrum vir 3 jaar tot graad 3
  • Oasis Opleiding - werkswinkels vir onnies en ouers
  • Oasis Produkte - koop al die produkte in ons aanlyn winkel vir kinestetiese onderrig
  • Kleuter Kliek - aanlyn opleiding vir onnies en ouers
  • Oasis en vriende blog
  • Oasis kurrikulum van 0 - 6 jaar


Ek wil jou uitnooi om hierdie pad saam met ons te stap.

Groete

Yolandi