Tema-idees per Whatsapp

Is jy opsoek na tema gerigte idees?

Moet dit steeds kinesteties, konkreet en kreatief wees ?

Kry nou 1 tema idee elke dag via Whatsapp vir 6 maande (5 dae per week) teen slegs R150.00/selfoonnommer.

Die eerste maand se temas word gelewer in hierdie volgorde:

  • Skurwe reptiele/ Scabious reptiles
  • Allerhande voëls / All kinds of Birds
  • Tuis op land en water/ At home on land or in water
  • Insekte van orals/ Insects from all over

Die boodskap is in Engels EN Afrikaans (die nuwe maand se temas sal teen die 15e van elke maand aangekondig word en ons sal lede se insette vrae)

Kry ‘n boodskap daagliks (Sondag tot Donderdag) teen 16h00 om die volgende dag in jou klas/by jou huis te kan toepas.

Die gepaste perseptuele ontwikkeling by elke idee word bygevoeg.

Skakels na verder lees artikels sal aangeheg wees sowel as kort videos en fotos waar van toepassing.

Kies uit die volgende ouderdomsgroepe :

  • 2 – 4 jaar groep
  • 4 – 6 jaar groep
  • Graad 1 en 2
  • Graad 3

(R150.00 vir die eerste ouderdomsgroep en R80 vir elke ekstra ouderdomsgroep)

Hoe teken ek in en betaal ?

  1. Bepaal eers vir hoeveel ouderdomsgroepe jy wil betaal (R150.00 vir een, R230.00 vir twee, R310.00 vir drie en R390.00 vir al vier)
  2. Tik jou bedrag wat jy wil betaal in hier onder by "Price"
  3. "Quantity" kan jy op 1 los
  4. Kliek op "Pay Now" - die stelsel sal jou neem na 'n blad waar jy per EFT of direk met jou kaart kan betaal.
  5. NB - onthou om jou selfoonnommer as verwysing te gebruik as jy betaal, sodat ons jou op die Whatsapp Tema groepies kan plaas !