Oasis Akademie

Waar leer en speel hande vat

Hierdie unieke en besonderse skool is geleƫ in die Moot, Pretoria.

Maats vanaf 3 jaar tot graad 3 is welkom by ons. Alle grade word konkreet onderrig en geen formele toetsing vir ons grondslagfase word gebruik nie.

Tweemaal per week kan ons ouers saam klas bywoon en opleiding ontvang vanaf ons programleier en akademiese hoof.

Oasis Akademie het klein klasse, onderrig in Afrikaans en het 'n Christelike grondslag. Ons akademiese standaarde is hoog, maar ons bereik dit sonder om onnodige druk op ons leerders te plaas.

Vind meer inligting deur die skakel hieronder te kliek.