Meer oor Wakker Akkers //

Wat presies is Wakker Akkers?

Wakker Akkers is geleƫ in die Moot Pretoria.

Ons bied klasse aan deur die week waar mammas saam met hulle kinders bywoon.

Watter ouderdom maats het ons?

1 jaar tot graad 1


Moet ek elke week kom?

Jy kan slegs vir die klasse kom wat julle bespreek ook, maar jou kind baat beslis die heel meeste as julle meer gereeld bywoon.


Op watter dae en hoe laat is die klasse?

Dinsdae en Donderdae om 08h30 - 11h30


Kry my kind 'n rapport?

Ja.  Elke mamma assesseer haar eie kind deurlopend en elke kwartaal gee ons 'n kort rapport ook.


Wat doen ek die res van die week met my kind?

Ons gee idees huis toe!  Maklike wenke propvol leergeleenthede.


Gaan my kind nie sukkel met sosialiseer as ek by is nie?

Nee, beslis nie.  Jy as ouer skep die veilige omgewing waar, selfs die skaamste outjie vinnig ontdooi en saam met die maats begin speel.


My kind het spesiale behoeftes/geen spesiale behoeftes nie. Is ek steeds welkom?

Jy as ouer hanteer self dissipline en die pas waarteen die werk gedoen word.  Beide groep ouers is beslis welkom.


Ons beplan tuisonderrig/staatskool/privaatskool. Is my kind welkom?

By Wakker Akkers is die enigste vereiste 'n mamma wat saam leer en bywoon.  Meelewende betrokke ouers.  Die skoolpad wat julle kies gaan perfek wees vir JULLE kind.


Wat is die koste?

0-3 jaar : R240/maand (vir eenmaal/week) OF R450/maand (vir tweemaal/week)

4-7jaar : R400/maand (vir eenmaal/week) OF R700/maand (vir tweemaal/week)





Skandeer hierdie kode en stuur vir ons 'n SMS !