Oasis Club
Yolandi van den Heever

Welkom by Oasis Club

Yolandi van den Heever

Welkom by Oasis Club

Jou oase op die onderrigpad.

Oor ons

By Oasis Club klop ons harte warm vir konkrete en kinestetiese onderrig.  Ons gee opleiding, raad en idees vir jou klas / huis!  Onnies en ouers is welkom.  Nie nét is ons passievol nie, maar ons gebruik ook verskeie kenners en kundiges om jou by te staan met vrae wat jy sou hê.

Hoekom sal jy wil aansluit?

Oasis Club is 'n platvorm waar jy toegang kan kry tot bekostigbare en deurlopende opleiding rakende klein kinder onderrig. Hier is ons fokus op uitvoerbare idees vir kinestetiese en konkrete belewing van die uitkomste.  Ons raak praktiese punte aan en gee jou kans om fotos uit jou klas vir ons te stuur sodat 'n kundige jou kan begelei en van raad kan voorsien.

Baie dankie

Dankie vir elke juffrou en mamma wat glo dat ons kinders nie moet stil sit en leer nie, maar dat ons klein mensies se lyfies moet beweeg sodat leer kan plaasvind.

Keep Up With Oasis Club On The Go
Oasis Club is powered by Mighty Networks
International phone numbers may need to use a prefix. Available on iOS and Android.